Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE
Bek-en-klouseer: Dinge móét van nou af anders gedoen word • Die bek-en-klouseerberaad wat op 21 en 22 Julie vanjaar plaasgevind het, het wyd aandag getrek. Haakplekke het voorgekom en dit word as ’n moeilike beraad beskryf. Dewald Olivier (foto), uitvoerende hoof van die RMIS, meen dit was nie net nóg ’n geselsery oor bek-en-klouseer nie, maar dat die regering die wil het om die krisis aan te pak.
Hoe dinge kán wees
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Indië straks nét die mark vir SA vars produkte
Hoekom so traag oor BKS?
Trump-valbyl: Miljarde rande, tienduisende poste op spel • Landboubedrywe wat die swaarste getref gaan word as Amerika se 30%-handelstarief moontlik binnekort in werking tree, vrees die ergste.
‘Seismiese skuiwe’ in globale handelsorde
Entstowwe, landboupolisie gevra in stryd teen siekte • Die tekort aan entstowwe moet uitgewis word, die staat moet ook ander mense as staatsveeartse toelaat om vee in te ent, en ’n landboupolisie moet oorweeg word om die aanslag op bek-en-klouseer te verskerp.
Nuwe planne wil frustrasie met dieselrabat blus • ’n Proefstelsel is op pad om die fel aanslag van die SAID op die ingewikkelde dieselrabat — een van die min belastingvoordele wat boere in die primêre landbou ontvang — te versag.
‘Vryheid van spraak beskerm nie laster nie’ • Die deeltydse boer Cois Harman se appèlaansoek teen ’n hofbevel wat die prokureur Henk Strydom van Strydom en Bredenkamp Ing. in 2022 teen hom in die hooggeregshof in Noordwes bekom het, is in ’n bestraffende kostebevel van die hand gewys.
Korridorsiekte onder beeste laat vrae oor ‘skoon buffels’
Claire Amm: Van die eerste Fauresmith tot die 50ste! • In 1974 het Claire Amm op 30-jarige ouderdom aan die heel eerste Fauresmith 200-uithourit deelgeneem. Vanjaar was sy op 80-jarige ouderdom die enigste deelnemer wat ook by die eerste geleentheid betrokke was.
50 jaar met fanfare gevier • Die Fauresmith 200-uithourit is vanjaar vir die 50ste keer aangebied en al die deelnemers se uithouvermoëns in die saal is weer deeglik getoets.
Tiener en haar perd ry gesogte pryse los
Huwelike: Só werk aanwasbedeling • Die aanwasbedeling is in 1984 in Suid-Afrika ingestel. In hierdie rubriek word verduidelik hoe aanwaseise werk en bereken word.
Vleismark ontwrig en onder druk • Die plaaslike vleisbedryf beleef tans een van sy grootste krisisse in dekades. Met bek-enklouseer wat nou ook die Vrystaat bereik het, is die hele waardeketting — van speenkalwers tot uitvoermarkte — in onstuimige vaarwaters. Groot aanpassings lê voor en ’n terugkeer na normaal lyk onwaarskynlik.
Land Bank pas aan, harde werk lê nog voor • Die afgelope dekade was vir die Land Bank, om die minste te sê, onstuimig. Ná jare van finansiële onstabiliteit en grootskaalse skuldafskrywings toon die bank se finansiële state vir 2024 tekens van stabilisering, hoewel sy rol in die landbou drasties verminder het.
Elektriese werktuie rook nog nie pyp op plase
Goedkoper ontsouting goed op dreef
Dieselenjins klop nog die alternatiewe
R1 miljard-vleisinspuiting vir Namibiese boere • Namibiese beesboere wat besluit het om hul beeste self te bemark en die vleis uit te voer, kan só groot waarde tot hul eie produkte toevoeg en potensieel R1 miljard per jaar vir die land verdien. Die projek van R500 miljoen onder die naam Savanna...